Atletiek

PBS atlete begin die atletiekseisoen in volle vaart met ‘n lekker kleuratletiek. Die dag is vol opwinding en begin met die Blou-, Geel – en Rooi-span se optogte. Alle leerders word aangemoedig om op hierdie dag aan die items deel te neem.

Ons atlete presteer baie goed gedurende die res van die seisoen en verteenwoordig
PBS van die Sone-byeenkoms tot die SA-Atletiekbyeenkoms. Ons is baie trots op hulle!

Ons bied die volgende items aan:

  • Naellope (60m – 200m)
  • Langafstande (600m – 1500m)
  • Aflos
  • Hekkies (70m – 200m)
  • Verspring
  • Hoogspring
  • Gewigstoot
  • Spiesgooi
  • Diskus

Ons neem in die 1ste- en 4de kwartaal deel aan byeenkomste en die oefentye word op die D6-kommunikeerder en kwartaalprogram deurgegee.

Atletiekorganiseerder

Mnr Poena du Toit