Krieket

President Brand is een van vyf skole in die stad wat reeds tydens die eerste kwartaal meeding om sodoende spelers goeie blootstelling aan hierdie sportsoort te gee wat baie tyd en geduld verg. President Brand se krieketspanne werk hard gedurende die eerste kwartaal aangesien ons in die A-liga, as een van die kleinste skole, meeding!

Mnr. Jandré Nieuwoudt

Mini-krieket

Mini-krieket vir die Gr 1 en 2 leerders vorm die basis waarop die 0/9 seuns voortbou. Die seuns neem aan verskeie toernooie deel en het al die groter skole lesse geleer op die krieketveld. Ons wag opgewonde vir hierdie talent om die groter spanne te bereik.

Me. Elri Jordaan