Leef Voluit!

President Brand Primêr se visie is om elke leerder se volle potensiaal, deur gehalte opvoeding, met liefde en deernis te ontsluit.

Deel van enige kind se ontwikkeling is om ‘n gebalanseerde individu te lei tot volwassenheid. Daarom bied PBS ook verskeie sosiale en omgee aksies waar die kinders leer om op meer as akademiese en sport gebied te ontwikkel.

Hierdie aktiwiteite vind deur die jaar plaas en word met ouers gekommunikeer deur die D6-kommunikeerder en nuuwbriewe.

Sosiale aksies sluit onder andere die volgende in:

  • Wydingsdiens
    As deel van ons Christenskap, glo ons ook om die jaar op die regte wyse te begin met ‘n gedenkdiens.
  • Gesinsbraai
    Met hierdie geleentheid kry al die gesinne kans om lekker te kuier en nuwe ouers te ontmoed.
  • Valentynsdag viering
    Hierdie dag word geken vir die waterspele en speletjies waar die kinders ‘n hele dag van pret geniet. Die dag word dan ook afgesluit met ‘n Valentynsokkie vir die Graad 6 & 7 leerders.
  • Grondslagfase Wakkerblyaand.
    Hierdie pret aand vir die Graad 1 tot 3 leerders bied die jong klomp onder toesig die geleentheid om saam met maats te baljaar tot laat.
  • VCSV (Verenigende Christen-Studentevereniging)
    Dit vind plaas regdeur die jaar gedurende skoolure plaas. Verskeie sosial kwessie wat kinders raak word hanteer vanuit ‘n Christelike perspektief.
  • Skaapkopaand
    Hierdie aand is ‘n instelling waar die pappas geleentheid gegun word om lekker te kuier en eet.
  • PBS verjaarsdagviering
    Ons is trots op ons skool en sy ryk geskiedenis. Daarom vier ons die skool se ontstaan jaarliks met ‘n groot pret dag.
  • Vlammiefees
    Nog ‘n jaarlikse hoogtepunt wat gekenmerk word deur verskeie pret aktiwiteite by die skool, asook geleentheid waar gesinne saam kan kuier.
    Daar is ook ‘n Vlammiefees konsert waar leerders hul talent op ander vlakke kan wys.
  • Entrepreneursdag
    Tydens hierdie dag vier ons die lente! Leerders kry ook die kans om hul entrepreneuriese vernuf op die proef te stel met hul eie stalletjie.
  • Graad 6 Avontuurkamp
    Elke PBS leerder sien uit na die tyd wat hy of sy ook hierdie pret kamp kan bywoon. Tydens hierdie kamp word verskeie vaardighede en leierskapsvorming geleer.
  • Koekverkoping
    Wat is ‘n skool sonder ‘n paar koekverkopings? Hierdie fondsinsamelingsgeleenthede is ‘n hoogtepunt vir elke leerder waartydens hope lekker eetgoed te koop aangebied word.
  • Toekenningsfunksie
    By PBS glo ons dat harde werk beloon word. Tydens hierdie spog geleentheid word leerders vanaf Graad 1 tot 7 beloon vir die harde werk wat hulle ingesit het regdeur die jaar.
  • Graad 7 Afskeid
    Tydens hierdie geleentheid neem ons afskeid van ons Graad 7 leerders wat dan ook hul laerskoolloopbaan voltooi.
  • Kerssangaand
    As Christene is ons bly oor die koms van Jesus en vier dan as gesinne saam hierdie geleentheid met sang en opvoerings.